|
'n Lekkerlees Internet-
en Rekenaarrubriek deur Drik Greeff wat gewoonlik Donderdae in die Kalahari Bulletin,
'n streekkoerant van Media24, verskyn. |
|
|
|
Nuwe
Wyn, Sielsjampanje...
Who loves
not woman, wine and song, Hierdie woorde staan geskryf teen een van die mure van Martin Luther se kamer in Wartburg, alhoewel daar nie bewys kan word dat hy dit geskryf het nie. Maar dis ‘n feit soos ‘n koei: hierdie drie speel ‘n baie groot rol in ons lewens. Adam en al ons manne na hom kan nie sonder vroue nie. En wat wyn betref, lees ons dat Noag al toeka se tyd lief was vir die voggies: “Noag was 'n boer, die eerste wat 'n wingerd geplant het. Hy het wyn gedrink en dronk geword.” (Gen. 9:20-21) Die gebruik van wyn is inderdaad bykans net so oud soos die mensdom self en wynmaak is een van die eerste kosmaakkunsies wat beskaafde mense baasgeraak het. Daar bestaan argeologiese bewyse dat daar al teen ongeveer 6000 v.C. wyngemaak is in Georgië en Iran. Ten tye van die Romeinse Ryk het wynproduksie met rasse skrede vooruitgegaan en toestelle soos meganiese parstoestelle is ontwikkel. Daar is ook met nuwe wingerdkultivars geëksperimenteer. Die Grieke weer was wynmakers van formaat en in die ou Griekse geskrifte word dikwels na wyn verwys. Wie het dan nou nog nie vir Bacchus ontmoet nie? Om meer te lees oor die interessante geskiedenis van wyn en om foto’s van interessante, historiese wynmaaktoestelle te sien, besoek gerus die volgende webtuistes vir ure se leesgenot: http://www.museum.upenn.edu/new/exhibits/online_exhibits/wine/wineintro.html en http://en.wikipedia.org/wiki/History_of_wine. Jan van Riebeeck het ook nie op hom laat wag nie en op 2 Februarie 1659 skryf hy soos volg in sy dagboek: “Heeden is Gode lof van de Caepse druyven d' eerste mael wijn gepaerst ende van de nieuwe most soo versch uyt de cuyp de proef genomen, synde meest muscadelende andere witte, ronde druyfen van seer goede geur ende smaeck...” Sedert Lekker ou Jan se tyd het ons wynbedryf gegroei tot die 7de grootste ter wêreld en tans is wynmaak lankal nie meer net beperk tot ‘n misterieuse aksie agter die Wes-Kaapse wyngordyn nie. Die benede-Oranjeriviergebied produseer heelwat van hierdie sosiale smeermiddels vir ons droë kele. Om meer te lees oor die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse wynbedryf, kliek op http://www.museums.org.za/stellenryck/StelRijk_A.htm. Maar om op hoogte te wees van die jongste ontwikkelinge en doen en late van ons wynbedryf, kliek op http://www.wynsa.co.za en op http://www.orangeriverwines.com. Volgens Isobel Uys se Feitegids is die witwynkultivar wat die meeste in Suid-Afrika aangeplant word, die Chenin Blanc en wat rooiwyn betref, word Cabernet Sauvignon as die beste kultivar in die wêreld beskou. Die enigste kultivar wat ooit in Suid-Afrika ontwikkel is, is Pinotage. Dit het die geur van pruime, piesangs of rooi- en swartbessies. As dit in houtvate verouder word, kan dit ‘n sederhout-, koffie- of sjokoladegeur hê. Die eerste wynroete is in 1971 op Stellenbosch ingestel deur Frans Malan van Simonsig. Die oudste bottel wyn met sy oorspronklike etiket is een van 1791 en is te sien in die Stellenryck Wijn Museum. Die meeste mense drink gewoonlik rooiwyn saam met rooivleis en witwyn saam met witvleis. Maar smaak verskil natuurlik. Wynglase word gewoonlik aan die steel vasgehou sodat die wyn koud kan bly en die glas skoon. Wynglase wat boontoe toeskulp, behou die geur van wyn beter as ander glase. Gewoonlik word droë wyn voor soeter wyn gedrink en witwyn voor rooiwyn. ‘n Witwynglas word gewoonlik twee derdes vol geskink, maar ‘n rooiwyn glas net halfvol. ‘n Glasie wyn is heerlik saam met ‘n lekker ete. As dit winterkoue ons so laat bibber, is daar min dinge wat lekkerder is as ‘n ou hanepootjie voor die vuur. En soos reeds genoem: Wyn is seker die beste sosiale smeermiddel vir ‘n baie gemoedelike aandjie saam met vriende. Ten slotte ‘n paar reëls uit die pragtige liedjie, Nuwe Wyn, van Laurika Rauch: As die
dinge woorde raak Gesels asseblief saam: stuur 'n epos of 'n faks aan 0866154459. |
|
|
Bella en Sannie sonder brieke (0.3 MB) |
|
|
Bella toi-toi vir spangees (0.4 MB) |
|
|
Etcetera (1.05 MB) |
|
|
Bella kry lemoene (0.4 MB) |
|
|
Bella die drama queen (0.3 MB) |
|
|
Bôlpunt kry 'n step (0.3 MB) |
|
|
Opera in die Kalahari (1.08 MB) |
|
|
|
|
Kommentaar en idees is welkom! |
|
Epos: Drik Greeff |
|
Faks: 0866 15 44 59 |
|
|
|
Besoek duisende Afrikaanse bestemmings by www.dieknoop.co.za |
|
|